26 APRIL 2024 PETISIE TEN GUNSTE VAN ORTHOTOUCH / ZEPHAN BESIGHEIDS REDDING PLAN
As historiese beleggers in die Hoëveld Sindikasie Maatskappye/Picvest/Orthotouch beleggingskema wat misluk het en nou in besigheid redding verkeer ondersteun ons as eisers Orthotouch (Pty) Ltd (“Orthotouch”) en Zephan Properties (Pty) Ltd (Zephan”) , se besigheid reddingsplan (“die Plan”).
Daar is ’n minderheid groep beleggers nl. die Hoëveld Sindikasie Aksie Groep (“HSAG”), onder aanvoering van Mnr Johan Stander (“Stander”), ’n makelaar van Mosselbaai, asook die HSAG klas aksie prokureur Mnr Jacques Theron (“Theron”), beide nie beleggers nie, wat met litigasie die Plan tersyde wil stel en Orthotouch en Zephan likwideer.
.
- Agtergrond
- Stander het onlangs op RSG Geldsake in gesprek met Ryk van Niekerk van Moneyweb gemeld dat hy dink daar is slegs sowat 10%, of selfs minder, beleggers oor wat die HSAG klas aksie nog steun.
- Theron, litigeer al vir om en by tien jaar sonder enige substantiewe sukses en sy litigasie het nog nie enige fondse vir die klas aksie lede ingewin nie terwyl die HSAG ledetal van 6 688 gekrimp tot selfs minder as 600 (aldus Stander se 10% op RSG). Dit terwyl Theron versoek het dat daar sedert 2015 ongeveer R184 000 000,00 in sy trust rekening betaal word, om die litigasie te dryf.
- Die Plan
- Ons leef in ’n demokratiese Suid-Afrika waarin die minderheid grondwetlik nie meer die meerderheid kan oorheers nie. Meer as 89% van eisers het tydens die finale skuldeiser/krediteure vergadering ten gunste van die Plan gestem. Die wense van die meerderheid moet dus gerespekteer word en HSAG lede wat nie eise ingedien het nie, het geen belang by die Plan nie.
- Daar is meer as 2100 beleggers wat eise ingevolge die Orthotouch/Zephan besigheid reddingsplan ingedien het. Die afhandeling van die eise word vertraag a.g.v. Theron se beloftes van sukses aan die sowat 600 HSAG lede ten opsigte van likwidasies, maar verswyg hy die negatiewe gevolge wat likwidasies kan inhou.
- Die ingediende eisvorms, sowel as die geldigheid van beleggers se eise ten opsigte van die Plan kan deur die besigheid reddingspraktisyn, Du Toit Sakeredding Praktyk, bevestig word.
- Petisie
- Beleggers/Eisers wat hierdie petisie ondersteun versoek dat:
- Die besigheid reddingspraktisyn van Orthotouch en Zephan, wat Theron se litigasie opponeer, ons besware teen Theron se voorgenome tersydestelling van die Plan en likwidasie van Orthotouch en Zephan aan die hof voorlê. Ons ondersteun geen likwidasies nie en streef na die implementering van die Plan.
- Dat die agbare hof ons besware as ’n meerderheid groep beleggers/eisers gunstig sal oorweeg en teen Theron se minderheid ondersteuners beslis ten einde die besigheid reddingspraktisyn in staat te stel om die Plan uit te voer.
- Beleggers / krediteure nie nog verder benadeel word deur die likwidasie van Orthotouch en Zephan nie wat koste-eise deur die likwidateur asook die terugbetaling van rente verdienste betaal aan beleggers kan inhou.
- Likwidasie sal katastrofiese gevolge inhou vir die duisende reeds verarmde en meestal bejaarde beleggers wat finansieel geruïneer is weens die mislukte beleggingskema waarin baie beleggers hul hardverdiende pensioen geld belê het en hul lewenskwaliteit gereduseer is tot selfs SASSA en familie afhanklikheid.
- Beleggers/Eisers wat hierdie petisie ondersteun versoek dat:
Om hierdie petisie te steun klik op bladsy Steun Petisie.
******************************************